Clay.

​Like clay I will shape my way,

I will say what ever you want me to say,
Walk your way or even stay,
Dependant come what may,
till independent to walk my own way.
so I will stay.

in the silence I keep
there in the darkest
corners of my heart
there is hidden somethings
wrapped up in pretty stars

the fine dust
that glamour it all
a mask for every day
I can be anytime of day.

like clay I shape
what may
I have a mask each day
to satisfy you.
to keep the piece.

Vanaand verlang ek na die see.

Vanaand verlang ek na die see,
Vishoek strand en die rots
paaitjie aan die kant.
Ek wens ek kan meer onthou
van die soene by die paveljoene,
Snoepie en Briefies van ons keis.
Vertel my meer oor wat het als
gebeur.
Ek het lee spasies
wat ek wens daar was nie.
Ek mis jou
ek wens ek kan onthou
hoe dit voel om weer
aan jou vas te klou.
Ek wil jou hand vas hou
En afstap waar ons sit
op die strand,
ons voete diep in die sand.
Ai die wrede lee spasies
maar ek kan darm se
ek het n telefoon en jou stem.
As jy my bel
En jy vertel van
jou dag en hoor hoe jy lag.

Kan jy net verstaan.
en laat ek jou net weet,
jou manier van mens wees
het my keer op keer gered.

Oormoeg.

​Eks oormoeg, 

maar ek mind nie,
die kleur in jou oe
is waar ek nie
kan weg nie.

Giggel ek
want drie uur in die oggend
is als net snaaks.
Dis koud,
maar ek voel dit nie,
want ek hou van jou
en jou “smile”
laat my bloos.

Eks oormoeg,
maar dit pla nie.
Ek dink aan die harde
musiek note
wat uit die kar se vensters
waai.

Dis n reguit pad
en ek besluit
om nie te dink nie,
nee ek gaan net saam
met die wind,
en hou die skaduwee
en kleur van die pad
se ligte
wat op my bene skyn.

Dis demensies
van verskilende
werelde by jou,
jys soos n storie boek
wat ek net wil lees.
Vertel my nog,
maar verduidelik
wat jy jou siel voer.

Maar ek gaan nie
te veel dink nie,
want ek hou meer
van dag droom en lag.
Ek klou nog so bietjie
langer aan die gevoel
wat so daans in my aare.

Hartseer woede.

​Blou oog kind.

Soveel keer
is jou hartjie
vermink
Deur pappa
se lee beloftes,
wat soos swaar klippe
in die water sink.
Jou traantjies is
warm op jou gesiggie,
reguit uit jou warm borsie.
Troos ek weer
jou hartseer woede,
en maak weer reg
die deur koesyne.
Almal het pappas,
wat langs die veld
vir hulle wag,
met mooi seun
woorde en lag.
Dis pappa en seun dag,
wie gaan jy vat?
Pappa is iewers
en jy bly maar net wag.
Hys nooit
langs die veld
as jy sport doen nie,
hys nooit
by die ouer aand klas
as juffrou se
hoe mooi hy in pas.
Wie sal hom leer
vis vang
en stories deel van jag.
Blou oog kind
met warm trane
wat koud drup
op sy prentjie,
van pappa as sy held.
Hyt n lee plekkie
in sy hart
waar pappa
eintlik moet pas,
maar pappa
maak lee beloftes
en pappa is
nooit daar
op n belangrike dag.
Eendag sal hy vra,
waar pappa was,
en pappa sal moet
verduidelik
hoekom die hartseer.
Pappa gee nie om nie.

Ware Liefde

Ware Liefde.

Eendag waneer jy
die gedig lees,
Sal jy verseker weet
dat jy my “hero” is,
Want die is ware liefde,
en ek het gedink ek weet,
hoe die gevoel mag wees.
Sjoe was ek verkeerd.

Want my wereld draai om jou,
En elke dag mis ek jou as
ons die dag moet
sonder mekaar

Die mense daar buite
kan maar met my baklei,
en stry.
Maar ek ken die gevoel
van ware liefde.

Die is n brief vir jou
my blou oog kind.
So trots na al die jare,
Ons het oor leef
ons donkerste dae.
Nou is jy al skouer lente
en ons gesels al
te lekker.
Ons is beste vriende,
n band tussen
Ma en Seun.

Krake van my hart.

Krake van my hart

Die wind waai
stof in die krake
van my hart.
Die reen maak modder
wat verhard.
Dit als lyk so donker,
toe vat ek my verf kwas.
Meng ek n bietjie
van die maan skyn
vir n perfekte nag.

Dalk n paar sterre
vir die glans.
Kyk ek na die kraake
van my hart.
Wat deur die
modder verhard.

Die rivier
maak die modder
in klei,
so vorm ek iets
net vir my.
Vanaand
sit ek by die vuur
en bak
my klei,
n kuns werkie
op “desply”.

Vanaand
klop my hart rustig,
En haal ek still,
still asem.
Sit ek en geniet
die wind se asem.
Maanlig
skyn op my wange
en kyk vir haarself
in die spieel
van my glas
met water.
Tevrede
met die harde
lesse van die lewe,
wat my hart
n mooi kleurvolle
kuns stuk
gevorm het.

Kom ons skryf ons name met bloed teen die muur.

​Kom ons skryf,

ons name
met bloed
teen die muur.
Kom ons maak,
die messe skerp
sodat ons
pampoene kan versier.
My “makeup” is
goed donker aangesmeer,
kom nader
sodat ek jou ook kan versier.
Lag lag
tripel ons
af die straat,
ons gaan mos
met die spooke daans.
Kom ons skryf
ons name
met bloed teen die muur.
Ek en jy is
gemaak vir die donker
en die volmaan lig.
Kom le in die pad
dan “trace” ek jou af,
met wit bord kruit.
Kyk hoe mooi
pas jy nou in,
is dit wat jy wou he,
om so te verdrink?
Ek kan vir jou
n nommer gee,
dis beter as n naam.
N naam
dra n siel
en n siel
kan te veel voel.
Maar ons
sal ons name skryf
met bloed teen die muur versier.